Hoërskool Swellendam verwerf ‘n eerste plek by die Interskole Atletiek
ADVERTISEMENT
Hoërskool Swellendam het Februarie goed begin deur ‘n eerste plek te verwerf by die Interskole Atletiek. Op 1 Februarie het Swellendam die jaarlikse Interskole Atletiek teen Montana, De Villiers Graaff en Curro Hermanus hier by ons velde gehuisves. Die 89 Swellies wat deelgeneem het, het 720 punte bygemaargemaak, wat hulle in die eerste plek geplaas het.
Ons het natuurlik ook baie bekerwenners gehad, naamlik: Janro du Plessis (o.15), Franco Vorster (o.17), De Wet van Heerden, Inge van Wyk en Zané Kotzé (o.14). Ons sien uit om die Swellies dop te hou soos hulle oefen om die Noord-Bolandspan te verteenwoordig.










