HS Despatch 1ste Netbalspan 2022 se oorhandiging van hulle uitrustings
ADVERTISEMENT
Hoërskool Despatch 1ste Netbalspan 2022 se oorhandiging van hulle uitrustings. Hoendervleis-oomblikke was aan die orde van die dag by hierdie spesiale skemerkelkieaand wat op ons eie netbalbane gehou is. Keani Schoultz, ‘n 0.14-speler, het met ‘n pragtige ‘Netbalspeler se gebed’ geopen. Me. Lynne Gouws, musiekonderwyseres, het haar eie weergawe van ons skoollied vir ons pragtige en talentvolle spelers gesing. Dit was beslis ‘n knop-in-die- keel-oomblik en ‘n traan of twee is weggepik.
Dankie, Hoërskool Despatch en in besonder, Theresa Prince, vir hierdie spoggeleentheid. Dankie dat jy vir ons kinders ‘n onvergeetlike aand gegee het met jou woorde:- “Mirror mirror on the wall, I’ll always get up after I fall and whether I run, walk or have to crawl, I set my goals and achieve them all”

Foto: Agter v.l.n.r.
Crystal de Beer, Anke Britz, Mihlali Nkayi, Reze Coetzer (mede-kaptein), Ninke Barnard (mede-kaptein), Lisakhanya Grootboom, Theresa Prince (afrigter)Voor: v.l.n.r.Elke Erasmus, Mieke de Kock, Dylane Roelofse, Nadine Luiters.









