Ligbron Akademie vir Tegnologie Fast Five uitslae
ADVERTISEMENT
Die Ligbron Sparks het tydens die vakansie aan die Suid-Afrikaanse Skole Netbal Fast Five kampioenskappe wat by Hoërskool Florida in Johannesburg aangebied is deelgeneem.
Die span het in die o.18 ouderdomsgroep deelgeneem. Daar was vier poele. Ligbron Akademie vir Tegnologie het in poel B kragte gemeet teen Lichtenburg (21 – 20); die Transvalia Tornadoes (22 – 23); Capricorn (9 – 14); Noord-Kaap (22 – 20) en Pearson (14 – 20). Hulle eindig derde in hul poel. Volgens mev Rosaan Kapp, een van hul afrigters, was dit vir die meisies ‘n opbouende ervaring. Dit het hulle die geleentheid gebied om as nuwe span gees te bou en hul deelname teen groot skole soos Pearson was ‘n leerkurwe. “Ons is baie trots op die meisies wat van die begin van die kampioenskappe af elke wedstryd met uitsonderlike deursettingsvermoë en veggees aangepak het,” sê Kapp.
(links na regs) Elmoré van Deventer, Elzanie Breytenbach, Thandolwethu Mfusi (kaptein), Lamahle Mkwhanazi, Carla Stoop, Fezile Shabalala en Luyanda Lubisi










