Hoërskool Cradock netbal te sterk vir Volkskool
ADVERTISEMENT
Hoërskool Cradock netbal te sterk vir Volkskool. Ses netbalspanne van CHS het Saterdag 23 Julie teen Hoër Volkskool op Graaff-Reinet gespeel. In die hoofwedstryd tussen die o.19A’s het CHS aanvanklik baie sterk begin en met 12 – 3 aan die einde van die eerste kwart voorgeloop. Volkskool het egter in die tweede kwart beter gespeel en teen rustyd was Cradock met 15 – 11 voor. Volkskool het ook in die derde kwart die oorhand gehad voordat CHS weer hul ritme gevind het. CHS speel baie goeie netbal in die vierde kwart om met 26 – 23 te wen.
Die o.19B’s het met 19 – 9 gewen. CHS se o.16A-span het ‘n wegholoorwinning van 22 – 3 behaal. Ook die o.16B-span was te sterk vir Volkskool en het met 12 – 5 gewen. Die o.14A-span het ook ‘n gerieflike oorwinning van 23 – 11 behaal. CHS se o.14B’s het 8 – 6 verloor.










