Hoërskool Witteberg swemmers het tydens die Vrystaat Interskole gala presteer
ADVERTISEMENT
3 swemmers van die Hoërskool Witteberg het tydens die Vrystaat Interskole gala op 23 & 24 Februarie in Bloemfontein puik presteer! Julie Landmann het reeds tydens die uitdunne die 50m vryslagrekord verbeter. Sy het verder in die finaal 2 goue medaljes verower.
- Armand Landmann het die 50m rugslagrekord verbeter asook 2 goud en 3 silwermedaljes verower.
- Ramon Landmann het tydens die finaal 1 goud, 1 silwer- en 1 bronsmedalje verower.
- Julie en Armand het beide die Vrystaatspan behaal en sal later vanjaar aan die S.A.’s deelneem.
Witteberg het altesaam 144 punte verwerf en so die 5de plek uit 16 Vrystaat- gemengde skole behaal. Witteberg is huidiglik die top skool in die Thabo Mofutsanyana-distrik.
Armand en Julie
Ramon in aksie










