Bethlehem Voortrekker swemmer presteer by die “Winter Swim Championship”
ADVERTISEMENT
Chernà Fouché van Bethlehem Voortrekker het vanaf die 1ste tot die 4de Julie aan die Winter Swim Championship te Durban deelgeneem.
Sy het die volgende items geswem:
- 800m vryslag
- 400m vryslag
- 200m vryslag
- 100m vryslag
- 50m borsslag
- 50m vlinderslag
- 50m vryslag.
Sy het baie goed gevaar en in bogenoemde haar tye verbeter. Winter Champs is die eerste kompetisie van die nuwe swemseisoen.










