Hoërskool Waterkloof tennisleerders het aan die SA skole IPT deelgeneem
ADVERTISEMENT
Vyf Klofies het aan die SA Skole IPT (Interprovinsiale Tennistoernooi), waar hulle Gauteng-Noord verteenwoordig het, deelgeneem. Juf. Alexandra Dreyer (tennisdirekteur) was ook die o. 15-spanbestuurder. Juf. Dreyer se o. 15-span is die SA IPT o. 15-kampioene. Dié span het uit twee Klofies bestaan, naamlik Isabelle van Wyk en Kaylen Hamman (beide in graad 9). Die o. 19-span het algeheel vierde geëindig. Dié span het uit drie Klofies bestaan: Ciaran McConnel (graad 10), Rynard van der Laan (graad 11) en Heinrich Wasserfall (graad 12). Ciaran McConnell is ook vir die SA Skole o. 17-span gekies. Baie geluk aan al ons talentvolle tennisspelers!














