Hoërskool Volksrust se rugbyspanne wys hul staal by Impi Visser 7’s
ADVERTISEMENT
Volksrust se rugbyspanne toon staal by Impi Visser 7’s. Volksrust se rugbyspanne het die afgelope naweek hul man gestaan by die jaarlikse Impi Visser 7’s-toernooi wat by Hoërskool Ermelo plaasgevind het. Die spelers het karakter, deursettingsvermoë en ware Volkies-gees op en van die veld gewys, en só die skool se naam met trots gedra.
“You persevered until the end and showed that hard work pays off – thank you for an excellent effort.”
o.17-span se uitslae:
- Wen Kanonkop 49–0
- Wen Standerton 22–12
- Gelykop teen EHS 26–26
- Verloor teen Ligbron A 40–12
- Verloor teen Secunda 31–19
o.15-span se uitslae:
- Wen Kanonkop 42–5
- Wen EHS 29–0
- Wen Standerton 28–14
- Verloor teen Ligbron 45–14
- Verloor teen Secunda 25–21
Beide spanne het gewys dat harde werk, vasbyt en spanpoging altyd vrugte afwerp. Die ervaring wat hier opgedoen is, bou karakter en lê ’n stewige grondslag vir die seisoen wat voorlê.














