Hoërskool Stellenbosch skoolkoor presteer aan Huisgenoot Eisteddfod
ADVERTISEMENT
Hoërskool Stellenbosch is ongelooflik trots op hul skoolkoor wat fantasties presteer het by vanjaar se Huisgenoot Eisteddfod! Die beoordelaars was duidelik beïndruk, en ons is verheug om te deel dat hulle as kategoriewenners aangewys is! Die Rooi Toekenning wat hulle ontvang het is welverdiend en ’n bewys van harde werk, talent en toewyding. Ons sien uit na die moontlikheid om hul video-optrede binnekort met julle te deel. Baie geluk aan mnr. Hanekom, mej. Cara le Grange en die koor. Ons vier julle sukses en sien uit na die storie wat binnekort in Huisgenoot verskyn. Mag julle aanhou om met julle talent te woeker en ander te inspireer!









