Hoër Volkskool Prysuitdeling 2023
ADVERTISEMENT
Zenke Enslin wen die Dawid van Rooyen beker en die Rapportryersprys vir die beste prestasie in Afrikaans Huistaal in gr 12. Sy wen die MC Cronje beker vir die beste prestasie inEnglish First Additional Language in gr 12,asook die Edwards beker vir tweetaligheid.
Sy wen ook die Tertuis Dippenaar beker vir die beste prestasie in Lewenswetenskappe, asook die Gerber/ Botha en GowarPrys en die Pietersen Wissel trofee vir die beste prestasie in Rekeningkunde. Sy wen ook die Theron Familie trofee en die PSG Graaff-Reinet AletSlabbert en Wessel Landman Prys vir die eerste klasposisie in graad 12.
Graad 12 Presteerder
Skoolhoof Prestige
Die skoolhoof prestige toekenning word hierdie jaar gedeel deur Mathys Oberholzer (Boogskiet) en Johndré Ludick (Golf)
Beste Sport Presteerders
Die Dawid Botha Wisseltrofee vir die beste prestasie deur ‘n dogter in ‘n sport wat nie deur die skool aangebied word nie, word gewen deur Kate-Lynn Kruger.Derick van Zyl trofee vir die seun met die beste prestasie in ‘n sport wat deur die skool aangebied word, gaan aan Mathys Oberholzer vir sy prestasie in boogskiet.
Sportdogter en Sportman
Die Jo-Ané Nell Beker vir die dogter met die beste prestasie in ‘n sport wat deur die skool aangebied word, gaan aan Alicia Louw.
Die Van Schalkwyk-familie Wisseltrofee vir die veelsydigste sportman in 2023 gaan aan Jan-Theo van Tonder.











