Hoërskool Stellenbosch neem deel aan die ATKV-Debat 2024
ADVERTISEMENT
Op 12 en 13 April het 90 spanne van oor die Wes-Kaap aan die jaarlikse ATKV-debatkompetisie deelgeneem. Die top 10 junior en top 10 senior spanne was gekies om op 24 en 25 Mei aan die semifinale rondtes deel te neem.

Voor: Riane Louw, Julia Barry en Caitlyn Cawood.
Agter: Andune Morkel, Bernardo Morkel, Juwan Dippenaar, Daniël Schoonraad en Adele Holtshauzen.
Baie geluk aan Juwan Dippenaar en Bernardo Morkel (ons senior span) asook Daniël Schoonraad, Julia Barry, Riane Louw, Andune Morkel, Adele Holtzhausen en Caitlyn Cawood (ons twee junior spanne) wat deel vorm van die top 10 spanne.









