Hoërskool Piketberg atlete neem deel aan Bredasdorp se Top 10 byeenkoms
ADVERTISEMENT
Agt van Hoërskool Piketberg atlete het op Saterdag, 1 November aan Bredasdorp se Top 10 byeenkoms gaan deelneem. Ons span eindig 21ste uit 80 spanne!! Ons is uitermate trots!
Ons spog ook met 5 medaljes.
- Lienka Brand neem as 13-jarige deel en kompeteer teen die hoërskoolatlete.
- Lienka D14: 3de plek in diskusgooi met ‘n afstand van 34, 53m.
- Aimée Swart D14:3de plek in 90mH met ‘n tyd van 13,84 sek.2de plek in verspring met ‘n afstand van 4,93m.1ste plek in hoogspring met ‘n hoogte van 1,55m. Beide hekkies en verspring was persoonlike bestes vir Aimée!!
- Jordon Barends S17:2de plek in driesprong met ‘n persoonlik beste afstand van 12,74m.
Baie geluk aan hierdie atlete, met puik prestasies!!














