Hoërskool Overberg sport het geen tekort
ADVERTISEMENT
By Hoërskool Overberg kweek gelukkige leerders wat hulle volle potensiaal kan ontdek en ontwikkel in ‘n veilige, stimulerende en volhoubare omgewing. ‘n Gelukkige Ovie-leerder word ‘n Ovie-presteerder. Hier word leerders voorbeire vir hulle blink toekoms.
Die hokkie, netbal en rugbyspanne het ‘n bedrywige tweede kwartaal gehad, met verskeie sportsdae teen skole soos Hoërskool Swellendam, Curro Hermanus, Hoërskool Dirkie Uys, Hoërskool De Villiers Graaff en Hoërskool Jan van Riebeeck. Ons kan ook spog met ons o. 19A en o.16A-rugbyspanne wat hierdie kwartaal onoorwonne was.
Na afloop van verskeie proewe, wat die spelers die geleentheid gegee het om te leer en ontwikkel, kan die Ovies spog met verskeie spelers wat verkies is tot die onderskeie distrik- en Boland-sportspanne.










