Hoërskool Overberg spog met 4 rugby Bolandspelers
ADVERTISEMENT
Onder die rugbymanne spog die Ovies met vier Bolandspelers. Lorenzo Kroutz is verkies tot die Boland o.18-Cravenweekspan, Johan Beukes en Favian Arendse tot die Boland o.18-Akademieweek en Tyrone Modipa tot die o.16-Grant Khomo-span. Die Hoërskool Overberg is ook bevoorreg om die hoofafrigter van die Boland o. 18 Akademieweekspan, meneer Pieter Burger, in hulle midde te hê.










