Hoërskool Nelspruit wen TWK-Skolebergfietsreeks 2024
ADVERTISEMENT
Op Saterdag 7 September het Hoërskool Nelspruit as gasheerskool vir die TWK-Skolebergfietsreeks se finaal by Mankele opgetree. Dit was ‘n dag vol feestelikheid. Die bergfietsryers is tot die uiterste beproef – hulle het stof gesweet, maar steeds uitgehou en aangehou! Na 10 jaar se harde werk en volharding is Hoërskool Nelspruit as die wenners van dié reeks aangekondig. Nellies, julle het karakter gewys en is ware kampioene in murg en been. Ons is ongelooflik trots op elke deelnemer!










