Hoërskool Volksrust bergfietsryer wen die Junior Solo kategorie
ADVERTISEMENT
Hoërskool Volksrust is trots op Danél de Jager, ‘n Graad 10-leerder, wat die naweek by Ligbron in Ermelo aan die MTB Uithou-rondtewedren deelgeneem het. In hierdie uitdagende 4-uur lange wedren het sy ‘n indrukwekkende totaal van 77 km afgelê en die Junior Solo kategorie gewen. Baie geluk, Danél! Jy is ‘n inspirasie vir ons almal.










