Hoërskool Montana o.15A Dogtershokkiespan presteer by die Menlo-hokkietoernooi
ADVERTISEMENT
Hoërskool Montana se o.15A-dogtershokkiespan het met trots aan die Menlo-hokkietoernooi deelgeneem en hulself uitstekend van hul taak gekwyt. Die span het met deursettingsvermoë en goeie spanwerk gespeel en waardevolle ervaring opgedoen teen sterk kompetisie. Hierdie span eindig ook algeheel in die vyfde plek uit 16 skole wat deelgeneem het.
Baie geluk aan Chloe Fivaz en Dane Swart (2) wat as Speler van die Wedstryd aangewys is in hul onderskeie wedstryde.










