Laerskool Bosveld hokkie keer triomfantlik terug
ADVERTISEMENT
Die Laerskool Bosveld hokkie keer triomfantlik terug. Die Bossies was nog altyd ‘n trotse hokkie skool wat baie tyd, talent en moeite in hul afrigting en oefeninge sit. Verlede week het die dividende begin uitbetaal toe die Bossies se 1ste-span die Thabazimbiërs op hul tuisveld geklop het met twee punte teenoor een. Madidimalo Moruane het haar in die besonder baie goed van haar taak gekwyt deur beide doele van die Bossies aan te teken.













