Hoërskool Langenhoven redenaar deur na die ATKV finaal
ADVERTISEMENT
Ellri van Zyl het op Saterdag, 20 Mei aan die ATKV se semi-finale rondte van die Redenaarskompetisie te Gqeberha deelgeneem en puik presteer. Slegs twee sprekers uit die Suid- en Oos-Kaap het na die finale rondte deurgedring. Ellri is een van hierdie leerders! Hierdie geleentheid vind op 18 Augustus te ATKV Goudini Spa plaas. Hoërskool Langenhoven is baie trots op jou Ellri en wens jou alle sterkte!

Ellri van Zyl









