Hoërskool Montana leerder presteer uitstekend by die ASA se Padkampioenskappe
ADVERTISEMENT
Charl van Deventer van Hoërskool Montana het op Sondag aan die Atletiek Suid-Afrika se padkampioenskappe deelgeneem waar hy aan die 10 000 meter stapitem meegeding het. Hy het uitstekend gevaar en ‘n indrukwekkende vyfde plek in die ope afdeling behaal. Baie geluk, Charl – jou harde werk, deursettingsvermoë en sportmanskap is inspirerend!









