Hoërskool Linden se junior-krieketseuns het geskiedenis gemaak in die Finsbury-liga teen Dr. EG Jansen
ADVERTISEMENT
Hoërskool Linden se junior-krieketseuns het Saterdag geskiedenis gemaak in die Finsbury-liga teen Dr. EG Jansen met ’n buitengewone vertoning! Simeon Kleynhans het die skare bekoor met ’n ongelooflike 290 lopies van 168 balle, nie uit nie. Cayden Bruynius het ook ’n merkwaardige 74 lopies van 49 balle, nie uit nie, aangeteken. Die boulers het ook nie op hul laat wag nie en EG Jansen in slegs 10.4 boulbeurte uitgehaal. Met ‘n oorwinning van 468 lopies het ons seuns hul merk gemaak. Ons is ongelooflik trots op hierdie opkomende 0.14 span en sien uit na die blink toekoms van Linden krieket saam met hulle.













