Hoërskool Hartswater netbal proewe uitslae
ADVERTISEMENT
Op Saterdag, 7 Mei 2022, het daar verskeie leerders van Hoërskool Hartswater deelgeneem aan die Frances Baard netbal proewe te Kimberley. 6 van Hoërskool Hartswater se leerders is gekies om deel te vorm van die Noord-Kaap Diamante spanne in hulle onderskeie ouderdomsgroepe.
Baie geluk aan Cecilia du Plessis, Nadia Visser, René van Niekerk, Nina Snyman, Tezlyn Blom en Simoné Fourie met julle uitstekende prestasies. Tydens die skoolvakansie sal hierdie netbalspeelsters deelneem aan die SA All Ages Netbaltoernooi as deel van die Diamante spanne. Sterkte vir die verdere uitdagings wat voorlê.
- O/18 span: Cecilia du Plessis en Nadia Visser
- O/17 span: René van Niekerk, Nina Snyman en Tezlyn Blom
- O/14 span: Simoné Fourie

Netbal

Simone Fourie o.14

Van links Cecilia du Plessis en Nadia Visser o.18

Van links na regs René van Niekerk Nina Snyman en Tezlyn Blom o.17









