Hoërskool Hartswater rugby proewe uitslae
ADVERTISEMENT
Tydens Saterdag, 7 Mei 2022, het daar verskeie leerders van Hoërskool Hartswater gaan deelneem aan rugby proewe te Kimberley. Daar is sewe leerders van hierdie skool gekies om verder deel te neem aan ander provinsiale spanne. Hier volg die uitslae.
Jaques Louw, Layton van Niekerk en Ji-Andre Visser is gekies om deel te wees van die span wat deelneem aan die Platteland week wat binnekort plaasvind. Hannes Burger is gekies om deel te vorm van die Akademie week. Verder is Marko Moller en Tshiamo Tsiane gekies om deel te wees van die Grand Khomo uitnodigingstoernooi. Laastens ook, Vuyani Modieng is gekies om deel te neem aan die Valke week. Baie geluk aan al die leerders en sterkte met wat nog voorlê!

Seuns o.16 Van links na regs Tshiamo Tsiane Marko Moller en Vuyani Modieng

Seuns o.19 Van links na regs voor JG Knoetze en Jaques Louw AGTER Layton van Niekerk en Hannes Burger JiAndre Visser afwesig









