Hoërskool Gimnasium Paarl leerder ontvang ‘n spesiale toekenning vir sy MathArt
ADVERTISEMENT
Ons verbeeldingryke, kreatiewe Gimmie, Hano Nieuwoudt, het ‘n spesiale toekenning gekry omdat hy vir die vyfde agtereenvolgende jaar deurgedring het na die finale rondte van die nasionale MathArt-kompetisie en een van die pryswenners was. Van die kunswerke waarvoor silwer en goud toegeken is, word in Helsinky, Finland, uitgestal. Hano beoog om met sy kreatiewe en wiskundige vaardighede ‘n argitek te word.
Die nasionale MathArt-kompetisie, aangebied deur Nelson Mandela Universiteit, het betrekking op die internasionale tendens om kuns by STEAM (Science, Technology, Engineering, Art and Mathematics) te inkorporeer. Die tema vir die 2023-kompetisie was Mathematics in Africa: past, present and future. Die beoordelaars het uit ‘n paneel van spesialiste bestaan, onder andere ingenieurs, wiskundiges, argitekte, taalkundiges en kunskenners. Die organiseerders beplan om die kompetisie uit te brei om sodoende die ander dissiplines in STEAM ook te akkommodeer.











