Groot pret by die Hoërskool Framesby ‘Craft-club’
ADVERTISEMENT
Op Woensdag, 28 Februarie het die Hoërskool Framesby Craft-club hul laaste les van die eerste kwartaal gehad. Me. Idilette Horak, ‘n oud- Framesby-ouer en bekende in keramiekverfkringe het n keramiekverfwerkswinkel kom aanbied. Elkeen kon ‘n ovaalbord verf en Framesby se leerders het baie gretig en entosiasties aan die aktiwiteit deelgeneem. Die kunswerkies word nog glasuur en gebak. Ons sal die eindresultaat op ’n latere stadium vertoon. Intussen plaas ons ‘n paar van die leerders se skeppings.


















