Laerskool Stulting Primary leerders geniet die skeppende kuns aktiwiteit
ADVERTISEMENT
Laerskool Stulting Primary se Gr.2 leerders het tydens ‘n skeppende kunsaktiwiteit “Josef se kleed” gemaak. Hulle het afval sukkies lap en knope gebruik en die pragtigste jasse is ontwerp. Dit was georganiseerde chaos, maar absoluut fantasties om die maats se groeiende kreatiwiteit dop te hou. En kyk jy so na die jasse, kan mens verstaan hoekom Josef se broers so jaloers was op hom en sy mooi kleed wat hul pa, Jakob, vir Josef gegee het.

















