Bethlehem Voortrekker Krieket vs Hoërskool Sentraal
ADVERTISEMENT
Bethlehem Voortrekker Krieket vs Hoërskool Sentraal. 1ste span vs Sentraal . Voortrekker het die loot gewen en besluit om eerste te kolf, maar was vinning in die moeilikheid met die telling op 33/5. Met tipiese Trekker-veggees het hul die kastaiings uit die vuur gekrap en word uiteindelik uitgeboul vir 196. Hendrik Janse van Rensburg (90 lopies) het ‘n besonderse kapteinsbeurt gespeel en Craig Mann (28 lopies) het hom goed ondersteun.
Goeie boulvertonings, veral deur Janse van Rensburg (3/24), Wean Claasen (2/8) en Joel Coetzee (2/23) sorg dat Sentraal uitgeboul word vir 124. Voortrekker wen dus hierdie kragmeting met 72 lopies.
Voor: Cecil Parsons, Juan Theunissen, Wean Claasen, Wian Fourie Agter: JD van Dyk, Joel Coetzee, Handré Fourie, Ryno Hattingh, Craig Mann Afwesig: Hendrik Janse van Rensburg & André Heunis










