Hoërskool Eldoraigne Matrieks 2023 se geskenk aan die skool
ADVERTISEMENT
Die matrieks van 2023 wou graag iets nuttig aan die skool skenk. Iets wat elke dag benut kan word en iets wat die skooltrots wat hulle saam met hulle dra verteenwoordig. Na vele behoefte bepalings het hulle die besluit geneem om ons ou skoolvlag wat al verbleik, geskeur en uitgerafel was te vervang met twee splinternuwe vlae wat tydens vierkant opening en sportgeleenthede gehys kan word. ‘n Vlag moet nooit gering geag word nie want dis ‘n simbool van skooltrots en verteenwoordigend van die skool. Miya Wood, hoofdogter 2023 en Hendré Schalkwyk, VLR graadleier van 2023 het die geskenk namens die matrieks van 2023 aan Mnr du Plessis oorhandig. Elandrè Momberg, hoofseun 2023 en Shanicka de Beer, VLR graadleier van 2023 kon ongelukkig, weens hulle verpligtinge by die universiteit, nie die oorhandiging bywoon nie. Ons groet hiermee in ons 50ste bestaansjaar ons ou vlag wat sy tuiste in ons argief sal vind en betree die volgende 50 jaar trots met ons nuwe vlag.
Dankie matrieks 2023 vir julle geskenk wat daagliks met trots gehys word, wat die skool verteenwoordig by sportgeleenthede en wat trots sal wapper in die komende jare.













