Hoërskool Garsfontein atlete presteer by die SA Skole Kampioenskappe
ADVERTISEMENT
Hoërskool Garsfontein presteer op SA Skole Kampioenskappe.
- Megan Maree is gekroon as die dogters o.17 SA Skole-kampioen in die 100 m-hekkies, waar sy ook ’n nuwe SA Skole-rekord opgestel het in ’n tyd van 13.23 s.
- Allené Theunissen het haar seisoen in styl afgesluit en self ’n goue medalje in die dogters o.17 spiesgooi verseker met ’n afstand van 48.87 m.
- Jenevieve Oosthuysen het ook uitgeblink en die bronsmedalje in die dogters o.17 spiesgooi verower.
- By die seuns het Heinrich Weiss ’n 5de plek in die o.15 spiesgooi behaal, terwyl Joshua de Villiers 9de geëindig het in die o.17 verspring.












