Hoërskool Eldoraigne sprekers presteer aan die Con Spirito Nasionale Finaal-kompetisie
ADVERTISEMENT
Hoërskool Eldoraigne wil die volgende sprekers en hulle ouers van harte bedank vir hulle optrede, tyd en teenwoordigheid. Dankie vir julle opoffering en moeite om aan die Con Spirito Nasionale Finaal-kompetisie, wat op 22 en 23 Augustus te Bedfordview plaasgevind het, te gaan deelneem.`n Groot dankie aan juf. Botha en juf. Potgieter, wat ons leerders vergesel het en die Eldo’s se bussie vir die vervoer van ons sprekers. Dit word opreg waardeer. Geluk met julle mooi uitslae.
- Graad 8: Amicke Bands -Afrikaans Individueel Voorbereid: 96%.
- Graad 10: Talia Reyneke -Afrikaans Individueel Voorbereid:Eie keuse 98%; Engels Individueeel Voorbereid: Eie keuse 96%.
- Graad 10: Daniël Kruger -Afrikaans Individueel Voorbereid: Voorgeskrewe tema: 89%; Engels Individueeel Voorbereid: Voorgeskrewe
tema: 89%. - Graad 10: Spanredenaars vir Afrikaans: Eie keuse: 96%. -Daniël Kruger, Else-Mari Meades, Talia Reyneke en Karli Liebenberg.
Spanredenaars vir Voorbereid: Tweetalig: 95% Daniël Kruger, Else-Mari Meades, Talia Reyneke en Karli Liebenberg. - Graad 11:Spanredenaars vir Afrikaans: Eie keuse: 96%- Jana Kriel, Jizelle du Toit, Matthew Oldewage en Chanica Sutherland
- Graad 12: Charlotte Bruce: Afrikaans Individueel Voorbereid 100%,Engels Individueeel Voorbereid 100%, Tweetalig 99%
- Graad 12: Melindie Reyneke Afrikaans Individueel Onvoorbereid: 95% Eldo-sprekers! Julle mag julle sê, maar sê!














