Hoërskool Martin Oosthuizen redenaars deur na finaal en semi-finaal
ADVERTISEMENT
Hoërskool Martin Oosthuizen redenaars deur na finaal en semi-finaal. Niklaas Thirion, graad 10-leerder aan die Hoërskool Martin Oosthuizen, het vir die tweede agtereenvolgende jaar deurgedring na die finale rondte van die Oppie tong af-redenaarskompetisie wat in Oktober plaasvind. Met sy onderwerp Woorde verskuif die grense tussen generasies se liefdestaal het Niklaas beslis die humor uit elke woord gehaal.
Vier HMO’ers is ook deur na die semi-finaal van die ATKV-redenaarskompetisie wat op 28 Mei by die Voorbereidingskool Fanie Malan plaasvind. Louise Hanekom (graad 9) en Liané Stadler (graad 8) lewer voorbereide toesprake en Danel Hayes (graad 11) en Ben Ackerman (graad 8) onvoorbereide toesprake. Ons sien uit na ‘n lekker praat-dag by Fanie Malan.
![]()










