Hoërskool Martin Oosthuizen presteer in Rugby
ADVERTISEMENT
Hoërskool Martin Oosthuizen presteer in Rugby. Die eer het drie van Hoërskool Martin Oosthuizen se senior seuns te beurt geval om na die finale rondte van die Griekwaland-Wes-Plattelandspanproewe genooi te word. Enrico Gagiano is ongelukkig voor hierdie finale proewe beseer. Renier Ferreira en Izak van Niekerk het uitstekende spel in hierdie naelbyt-proewe gelewer en is albei opgeneem in die Plattelandspan. HMO loop breëbors rond!
![]()










