HS Despatch vereer Top Presteerders
ADVERTISEMENT
Hoërskool Despatch se spoggeleentheid van die jaar het op Maandagaand, 17 Oktober, plaasgevind. Daar was vele toptoekenning trofees oorhandig aan leerders vir hul uitstekende prestasies. Die Gr. 8- tot 12-leerders het vir sport- en kultuuraktiwiteite toekennings ontvang. Ook hier kon ons leerders heelwat prestasies oplewer. Baie geluk aan hierdie leerders met hul pragtige prestasies. Die skool, jul ouers en die gemeenskap is opreg trots op julle.
Hulle ken beslis die waarde van die volgende wyse woorde: Die hysbak na sukses werk nie, jy sal die trappe moet klim. Die volgende leerders het erkenning gekry en spesiale trofees ontvang vir hul prestasies:
- Anria Vosloo – Piet van Heerden Trofee vir Junior Sportvrou van die Jaar.
- Lutkin Kemp – Piet van Heerden Trofee vir Junior Sportman van die Jaar.
- Ruben Ross – Fanie Ellis Wisseltrofee vir Senior Sportman van die Jaar.
- Diaan Moolman – Cas Coetzee Trofee vir Dux leerder van die Jaar.
- Reze Coetzer – Fanie Ellis Wisseltrofee vir Senior Sportvrou van die Jaar asook die Veelsydigste Sportvrou van die Jaar.
- Stefan Kluyts en Tinus Booyens deel die volgende trofee – Joseph Kleinhans en Johan Barnard Trofee vir Veelsydigste Sportman van die Jaar.
- Mirali Hoekstra – Cachet toekenning vir die beste prestasie op Kultuurgebied.
- Sanet Viljoen – Frans Gerber Trofee vir Veelsydigheid.
- Sanet Viljoen en Illiana Minnie deel die volgende trofees – Basson Wisseltrofee vir Veelsydigheid op Kultuurakker asook Voortrekker Penning en oorkonde vir uitstaande leierskap op kultuurgebied geskenk deur die despatch voortrekkerkommando.
Baie geluk! Blaas Hoog Die Vlam!





















