Onderhoofdogter van 2024 het Laerskool Bakenkop verteenwoordig by die Nasionale ATKV redenaars
ADVERTISEMENT
Lana van Schalkwyk ons onderhoofdogter van 2024 het die Bakies gaan verteenwoordig by die Nasionale ATKV redenaars. Sy het ‘n algemene 11de plek ontvang by die strawwe nasionale kompetisie vir haar ouderdomsgroep. Dis ook haar persoonlike beste van verlede jaar waar sy 13de was. Baie geluk Lana, Dis veral jou onvoorbereide toespraak wat gaan oor “Moet skole kinders wat presteer beurse aanbied (“koop”) wat ons super trots maak op jou! Jy dink nes ‘n Bakie! Lana se standpunt was duidelik: Sy glo nie dit is reg dat skole leerders wat presteer koop nie
- Argument 1: Kinders eervaar te veel druk (Hoërskool en tienerwees is reeds ‘n uitdaging op sy eie)
- Arg 2: Kinders kry nie almal gelyke geleenthede nie. Daar word dan slegs werklik moeite gedoen met sulke sogenaamde presteerders. Kinders moet almal nog gelyke geleenthede ontvang, veral omdat kinders op verskillende stadiums van groei is moet hul nog so lank as moontlik almal aan alle aktiwiteite blootgestel word.
- Arg 3: Blom waar jy geplant is!! Skole moet die kinders in hul nabye omgewing ontwikkel tot die beste van hul en die kind se vermoë tot voordeel van die skool, kind en gemeenskap.
Jy het geblom by Laerskool Bakenkop. Jy gaan verseker skitter in jou hoërskool loopbaan.










