Hoërskool Diamantveld se tweekamp-atlete oorheers by die Griekwas SA’s kwalifiserende byeenkoms
ADVERTISEMENT
Hoërskool Diamantveld se tweekamp-atlete het onlangs aan die Griekwas SA’s kwalifiserende byeenkoms deelgeneem en uitstekende uitslae behaal. Ons atlete het nie net individueel uitgeblink nie, maar ook as span hul merk gemaak.
Individuele Uitslae:
- Elizabeth Opperman – 3de
- Stian Mostert – 3de
- Louis Lategan – 2de en wen die trofee vir Beste Hoërskool Seunsatleet
- Theodore Opperman – 4de
- Sameul Grobler – 5de
- Lehane Lategan – Wedloop nie voltooi nie
- Ruben Grobler – 5de
- Nika Botma – 6de
Spanprestasie: Diamantveld is aangewys as Beste Hoërskool algeheel en het die gesogte trofee huis toe gebring.
Die volgende atlete is opgeneem in die Griekwas-span wat op 21 Maart in Oudtshoorn aan die SA Kampioenskappe gaan deelneem:
- Theodore Opperman
- Stian Mostert
- Sameul Grobler
- Louis Lategan
- Lehane Lategan
- Elizabeth Opperman
- Ruben Grobler












