DF Akademie spog met tweekamp prestasie
ADVERTISEMENT
SA-tweekampkampioenskappe in Oudtshoorn. DF Akademie is baie bevoorreg om te kan sê dat die WP-tweekampkapteine albei Dee-Effers is. Stephanie en Nicolaas Minnaar het die WP-tweekampspan gelei na hulle 10de oorwinning as die beste provinsie. Stephanie het ‘n brons medalje gewen by die dogters 0. 19 en Nicolaas het net-net die podium misgeloop met ‘n 4de posisie. Danelle van Tonder het ook ‘n brons medalje gewen vir dogters 0. 17 asook die vinnigste vrouetyd van die dag behaal oor 800 m in 2:10.39. Trowyk Troost het deelgeneem as 0. 17-seun en sy persoonlike beste tyd in die 100 m-swem verbeter na 1:14.22 en die algehele 38ste posisie uit 58 behaal.











