Hoërskool Centurion produksie presteer uitstekend
ADVERTISEMENT
Hoërskool Centurion se produksie, “Nagaap: Die ballade van Jantjie en Katryntjie”, het op 12 Augustus aan die Pronk Podium Toneelfees by Hoërskool Waterkloof deelgeneem en uitstekend presteer.
Die Woeries het brons sertifikate in die volgende kategorieë verower:
- Regie
- Stelontwerp
- Kostumering
Individuele toekennings:
- Wiann Gous – spel
- Anneline Kruger – spel Keisha Prince, Jade van Huyssteen, Zané Cloete en Eben Greyling – ensemble
Ons tegniese span het ook gewen:
- Jacques Cilliers – klank (brons)
- Gabi Vorster – beligting (brons)
Baie geluk aan almal! Ons hou nou styf duim vas vir ons leerders wat vanaand by Hoërskool Eldoraigne aan die FAK Allegretto Toneelfees gaan deelneem.


















