Hoërskool Upington toneelspeelster slyp haar talente
ADVERTISEMENT
Mari-Alet van Zyl van Hoërskool Upington was die afgelope naweek, (laaste naweek van die vakansie), vir haar 3de werkswinkel in haar gevorderde Speeltoneel kursus. Die werkswinkels word gehou by die pragtige Amatola Venue in Pretoria, onder leiding van haar mentor Izak Davel.
Hierdie was die 2de laaste werkswinkel van die kursus voor hulle begin met die opnames van die kortfilm. Hulle het tydens die werkswinkel hulle tekste en rolverdelings gekry vir die kortfilm.
Sy is baie opgewonde om saam met gesoute akteurs Albert Maritz, Vilje Matitz en Izak Davel in die produksie te kan speel.
Sy val weer die naweek van die 29ste in die pad Pretoria toe vir die laaste werkswinkel, dan begin die voorbereiding vir die kortfilm.
Baie geluk en sterkte Mari-Alet, ons is trots op jou!











