Akademiese prestasie vir Die Hoërskool Wonderboom
ADVERTISEMENT
Lo-Andro behaal eerste plek in Woordmeesters-taalkompetisie! Die wenners van Akademia se opwindende Woordmeesters-taalkompetisie, in samewerking met VivA en Pretoria FM, is pas aangekondig. Ons is baie trots om te deel dat Lo-Andro Erasmus, ’n leerder van Die Hoërskool Wonderboom, as wenner in Kategorie 1 gekroon is! Hierdie kompetisie, wat taalvaardigheid en liefde vir Afrikaans vier, is ’n besonderse geleentheid vir leerders om hul kennis en woordvernuf te wys. Baie geluk, Lo-Andro – jy is ’n ware ambassadeur van jou skool en van Afrikaans!










