Hoërskool Centurion Drie Skole Redenaars graadwenners
ADVERTISEMENT
Die Drie Skole Redenaars was die afgelope twee jaar ‘n reusesukses en daarom het ons hierdie jaar weer met Hoërskool Eldoraigne en Hoërskool Zwartkop op redenaarsgebied hande gevat. Die Drie Skole Redenaars is ‘n onvoorbereide spanredenaarskompetisie tussen Hoërskool Centurion, Hoërskool Eldoraigne en Hoërskool Zwartkop. Die Woeries het ook weer as gasheerskool vir die geleentheid opgetree. Die Drie Skole Redenaars het gisteraand met die Afrikaansredenaars afgeskop. Die volgende skole is as graadwenners aangewys:
- Graad 8 – Hoërskool Zwartkop
- Graad 9 – Hoërskool Eldoraigne
- Graad 10 – Hoërskool Eldoraigne
- Graad 11 – Hoërskool Centurion
- Graad 12 – Hoërskool Centurion
Hieronder is die Graad 12 span.

Op foto van links na regs is: Simoné Calitz, Amé van Breda, JJ van Zyl en Roelandi de Bruyn

Drie Skole Redenaars









