Hoërskool Aliwal-Noord se 1ste Krieketspan toer uitslae
ADVERTISEMENT
Hoërskool Aliwal-Noord se 1ste Krieketspan het aan die GZ Sport Krieket Toernooi van 11 tot 15 Julie in Rustenburg deel geneem.
Skole verteenwoordig:
- 1] Monument Park (Krugersdorp)
- 2] HTS Witbank
- 3] Transvalia (Vanderbijlpark)
- 4] Aliwal North High School
- 5] Hoogenhout (Bethal)
- 6] GZ Invitational Rustenburg
- 7] Frikkie Meyer (Thabazimbi)
- 8) Hartbeespoort
![]()
ANHS se 1ste span:
- 1] Wium Smit (Uittredende kaptein)
- 2] Sizwe Maphisa
- 3] David le Roux
- 4] Logan Geldenhuys
- 5] Lutho Sileli
- 6] Regard Vorster (Nuut aangestelde kaptein 2022-2023)
- 7] Tiaan Nagel
- 8] Damien Britz
- 9] Okuhle Dyani
- 10] Brad Vorster
- 11] Yola Dinga
- 12] Milani Fudumele
- 13] Holoka Leanya
- Brad Vorster neem drie paaltjies teen Hartbeespoort.
- Regard Vorster teken 56 lopies aan teen HTS Witbank en neem vier paaltjies teen Frikkie Meyer.
- Logan Geldenhuys, Tiaan Nagel en Sizwe Maphisa vertoon baie goed met hulle boulwerk deur die toenooi.
- Tiaan Nagel en David le Roux was van die beste veldwerkers op die toernooi.
ANHS se spelers vertoon goed en speel mededingende krieket teen groot en tradisioneel sterk krieketskole. Die toer se fokus is om aan 50 beurte krieket gewoond te raak. Ons gaan baie op die formaat fokus in die komende seisoen. Alhoewel ons `n jong span het is daar beslis genoeg talent en gaan ons vir `n paar verrassings sorg in die komende seisoen.
![]()
Ons spelers se gedrag op en van die veld af was gereeld van melding gemaak. Groot dank aan elke ouer wat die toer moontlik gemaak het. Ook aan Mario Geldenhuys en Yolandé Geldenhuys vir die spanbraai en spanbou voor die toer.
Die volgende borge het almal `n groot bydrae tot die toer gemaak:
- Mr Denzel Erasmus and Fresh Stop Aliwal North
- Mr Ruan Erasmus and Media Market
- Mr Everhard van Pletzen and Thumbs Up Electrical
- Mr Wessel Dreyer and Round Table Aliwal North
- Mr Mario & Mrs Yolandé Geldenhuys
Ons sien met groot verwagting uit na die komende krieketseisoen. Die restourering van die kolfblad op die B-Rugbyveld het ook begin en eersdaags sal die eerste bal daarop geboul word.










