Hoër Landbouskool Boland ryers trap hul pad na sukses by Bergfietsliga
ADVERTISEMENT
Die afgelope naweek het Hoër Landbouskool Boland ryers die stof laat staan by Rhebokskloof tydens die 3de Skole Bergfietsliga, en weereens gewys van watter stoffasie hulle gemaak is. Die bene het gebrand, die kettings het gesing, en die uitslae praat vir hulleself.
Hier is die hoogtepunte van die naweek:
- Janko Cronje – Knoop ‘n strawwe wedren vas met ‘n 10de plek!
- Gavin Gird – Wys sy staal en trap homself oop na ‘n 7de plek!
- Barend van Zyl – Vat ‘n briljante 2de plek op die podium!
Baie geluk aan elke ryer. Julle maak ons trots! Volgende stop: Malmesbury! Volgende skole-byeenkoms op 22 Augustus. Sien julle daar.




















