President Brand Primêr leerder ontvang Vrystaat-klere vir veerpyltjie
ADVERTISEMENT
Baie geluk aan Mandri Kruger (Graad 7) wat die afgelope naweek haar Vrystaat-klere vir veerpyltjie ontvang het. Sy gaan in Julie aan die Suid-Afrikaanse Kampioenskappe deelneem. Mandri het ook die titel as Junior Dame van die Toernooi tydens die kompetisie in Harrismith verower. Baie geluk, Mandri! President Brand Primêr is ongelooflik trots op jou prestasie en wens jou alle sterkte toe vir die SA Kampioenskappe.










