Gereformeerde Skool Dirk Postma laer- en kleuterskool hou interne redenaarskompetisie
ADVERTISEMENT
Op Maandag, 9 Februarie het Gereformeerde Skool Dirk Postma se laer- en kleuterskool ’n interne redenaarskompetisie gehad. Die beoordelaars was verstom oor die dapperheid van selfs 6-jarige Dirkies. Hulle het almal hulle woord kom spreek. Oortuigende, beredeneerde toesprake is gelewer en die gehoor is aangespreek en in die oë gekyk. Dankie aan alle deelnemers. Ons daag almal uit om volgende jaar weer op te daag en hierdie mooi geleentheid te benut. Almal moet iewers in hul lewe as Christen hul woord gestand doen en die waarheid kan verdedig. Kom oefen sommer as jongeling jou oorredingsvaardighede. Sien julle volgende jaar. Baie geluk aan die leerlinge wat deur gedring het na die ATKV-redenaars.











