Die tennis is aan die brand by Laerskool George-Suid
ADVERTISEMENT
Die o.11-spelers van Laerskool George-Suid het op 20 Februarie hulle staal gewys by die Wehmeyer Ferreira-toernooi van die GREAT Tennisakademie.Op 21 Februarie het agt oranjebal-spelers in Plettenbergbaai gespeel waar spangees, pret en nuwe vriendskappe koning gekraai het.
Die 1ste spanne het ook kompeterende tennis wedstryde gespeel teen Laerskool Outeniqua.
















