Die NW-interhoër atletiek trofee maak hom tuis by Hoërskool Rustenburg
ADVERTISEMENT
Vir die eerste keer in 18 jaar kry die NW-interhoёrtrofee ‘n nuwe tuiste en dis hier by die Hoërskool Rustenburg! Die Rusties kom algeheel 1ste tydens die NW-interhoёr met 1997.1 punte, in die 2de plek is Hoёrskool Klerksdorp met 1966.50 punte en in die 3de plek is Potch Gimmies met 1954.50 punte. Die Rusties ryg die volgende medaljes/trofeë in:
A-afdeling:
- 26 goud
- 38 silwer
- 28 brons
B-afdeling:
- 39 goud
- 33 silwer
- 22 brons
NW-interhoёr wenners. Gimmies wen al vir die afgelope 18 jaar aaneenloopend
Liandri de Wet word ook tydens die dag aangewys as die beste veldatleet met 46.8 946 punte. Dit is die 2de aaneenloopende jaar wat Liandri die toekenning ontvang. Die Rusties spog ook met die volgende nuwe rekords:
- Dogters o. 14 100m – Jaydeen Manders
- Seuns o. 14 spiesgooi – Juan Matthee
- Seuns o. 14 aflosspan, breek die rekord
- Seuns o. 15 driesprong – Dian Huisamen
- Seuns o. 15 aflosspan, breek die rekord
- Seuns o. 16 gewigstoot – Donovan Mostert
- Seuns o. 19 skyfwerp – Jan-Paul Nel
- Dogters o. 19 skyfwerp – Liandri de Wet
- Dogters o. 19 spiesgooi – Marné Botha
- Seuns o. 19 skyfwerp – Divan Welgemoed
Ons is werklik trots op elkeen van ons atlete en hul harde werk en deursettingsvermoë sowel as elkeen van ons afrigters wat ure agter die skerms insit om te verseker dat die Rusties die #1 atletiekskool in NW is!
Liandri de Wet beste dogters veldatleet saam met mnr. Johan Pyper NWU senior bemarker en borgskappe
Liandri de Wet beste dogters veldatleet tydens die NW-interhoёr
Me. Danelle Bisschoff (atletiekdirekteur) en mnr. Hennie Pieterse (skoolhoof)
Zulu Khumalo seunskaptein tydens die NW-interhoёr oorwinning










