HTS Sasolburg naelopers steel die kollig
ADVERTISEMENT
60 Atlete het Saterdag deelgeneem aan die Sasol Hoërskole uitnodigingsbyeenkoms teen ander sterk skole soos Welkom Gimnasium en Goudveld Hoërskool. Dit was in besonder ons naelopers wat die kollig gesteel het met goue medaljes in die seuns onder 19 aflos, asook die die 100 en 200 meter seuns onder 19 vir Zane Applegreen.
Mofiki Zwane, Armand Neethling en Alex Nell het ook almal goeie 2de plekke in die 100 en 200 meter onder 17 en 19 behaal. Alex het ook die 110 meter hekkies gewen. Neo Mokoena het goud verower in die dogters o.15 100m naelope. HTS Sasolburg is ongelooflik trots op die atlete se prestasies.













