Kwartaal 1 was ‘n besige kwartaal by Laerskool Tygerpoort
ADVERTISEMENT
Kwartaal 1 was ‘n besige kwartaal by Laerskool Tygerpoort. Al ons sport- en kultuuraktiwiteite is weer volstoom besig en het ons al baie hoogtepunte beleef. Ons het nuwe graad 1 en Tygieland-maats verwelkom asook ‘n baie suksesvolle Opedag gehad waar ons kon spog met ons pragtige skool, personeel en fasiliteite.

Sport: Ons atletiek seisoen het uitstekend gevaar, ons het begin met ‘n baie suksesvolle interhuis waarna ons aan verskeie byeenkomste deelgeneem en elkeen gewen het. Ons het ook die P8-byeenkoms gewen! Ons het meer as 40 leerders gehad wat deur is na die Gauteng-kampioenskappe en ons spog ook met ‘n uitmuntende 10 atlete wat na die Suid-Afrikaanse kampioenskappe toe gaan. Baie geluk aan:
- Mieke Loock
- Righardt Nel
- Henré Lombaard
- Ruben Hayes
- Joshua Viljoen
- Luan Bezuidenhout
- Lara Meyer
- Nika Joubert
- Madison Loxton
- Cameron Pheiffer

Kultuur: Die redenaars gala-aand het vir die onderskeie grade in die week van 6 – 8 Maart plaasgevind. Hier het talle sprekers kans gekry om hulle stem dik te maak en standpunt in te neem met hulle beredenerings-vaardighede. Laerskool Tygerpoort spog met die volgende graadwenners:
- Graad 1: Anita Grobler
- Graad 2: Beau Labuschagne
- Graad 3: David Hechter
- Graad 4: Daniël Lombard
- Graad 5: Marko Dreyer
- Graad 6: Christian Groenewald
- Graad 7: Kari Dreyer
Daar is ook talle sprekers wat ons skool by die ATKV-redenaarskompetisie op 19 en 20 April verteenwoordig. Baie sterkte aan al die sprekers. Tygies GLIMLAG breed, en ons weet hoekom!













