Hoërskool Ermelo spog met uitstekende Interhoër
ADVERTISEMENT
Hoërskool Ermelo spog met uitstekende Interhoër. Op Saterdag 18 Februarie het die Erries sewe ander skole se atlete en toeskouers ontvang om deel te wees van 2023 se Hoëveld Interhoër Atletiekbyeenkoms. Die deelnemende skole was: Hoërskool Ermelo, Hoërskool Lydenburg, Middelburg Hoërskool, Hoërskool Rob Ferreira, Ligbron Akademie vir Tegnologie, Hoër Volkskool Heidelberg, Hoërskool Oosterland en HTS Witbank.
Alhoewel die byeenkoms ongelukkig vroeër beëindig moes word weens ongunstige weersomstandighede, is die Erries trots op ’n uitstaande byeenkoms wat die skool in ware EHS-styl kon aanbied. Die Erries het reg deur die dag die voortou geneem en alhoewel die uitslag onbeslis is, het EHS se atlete stof in die kompetisie se oë geskop. Slegs 82 uit 143 items kon voltooi word. Groot dank aan elke ouer, onderwyser, atleet, leerderhulp, ondersteuner, bestuur en die dag se borge wat bygedra het tot die reusesukses van die dag. Dankie aan Nashua en TWK wat as hoofborg opgetree het. Geluk aan elke atleet wat goed presteer het. EHS is besonder trots op julle. Dankie veral aan ons Hemelse Vader vir die voorreg om die Interhoër suksesvol te kon aanbied. Sy genade is deurlopend tasbaar en ons staan in nederige dankbaarheid teenoor Hom vir sy seën wat Hy oor EHS uitstort.
Bongmusa Vilakazi
Vicky Janse van Rensburg
Armand Coetzer
Marlioné Erasmus
Elizma Swart
Zané du Plessis
Tyrone










