Laerskool Stulting Atletiek presteer by Westbourne Oval in PE
ADVERTISEMENT
Laerskool Stulting Atletiek presteer by Westbourne Oval in PE. Stulting is ongelooflik trots op al ons leerders wat deelgeneem het aan die atletiek-byeenkoms by die Westbourne Oval in PE. Ons het altesaam 8 goue medaljes, 6 silwer en 5 brons ingepalm.
Stulting is in besonder trots op Jon-Daniel Witbooi. Hy het tydens sy deelname aan die o/12 75mH gewys dat mens nooit ooit moet opgee nie. As jy val, staan op en hardloop die wenstreep tegemoed… letterlik en figuurlik! Die video greep van hierdie hoendervleis-oomblik het amper ‘n halfmiljoen “views” in 24 uur ontvang. Wat ‘n inspirasie!
Hanna Ferreira, Zelné Millard, Tashnique de Lange, Lesedi Vumazonke, Mieke Vermaak en Melita Steyn.
Alex-Zander Botha, Nayhum Swarts, Conner Felix, WWJ Spangenberg, Ethan Swarts, Katleho Khomo
Killian van der Walt, Daniël Theron, Jon-Daniël Witbooi, Hannes van der Merwe en Ezra Karolisin.









